Tienie Jonker Toere

Oos Europa en Kroasië (Junie ’19)

Die Oos-Europa bustoer 

2 – 16 Junie 2019 

Charles Bridge morning

Kontak ons gerus vir meer inligting per epos  tjtoere@jenny.co.za

Ons gewilde sakpastoer van die mooiste dele van Kroasië, Oos-Europa en die Balkanlande.

 Ingesluit:

Vliegkaartjies, verblyf en twee etes elke dag (behalwe 2 aandetes op aanvraag)

15 FANTASTIESE DAE

R34 950

 (per persoon wat dubbelkamer deel) en €1 ≤ R16.50

Vergelyk gerus ons prys met ander toere van dieselfde lengte en ekstras

Ekstras ingesluit by u toerprys:

  • ‘n Buffet-ete met musiek tydens ‘n aandvaart op die Donourivier in Budapest
  • Luukse, lugversorgde toerbus met verversings
  • Alle parkering,  tolbelasting en lughawebelasting

Nie ingesluit nie:

  • Koste om ‘n paspoort, visum en reisversekering te kry.
  • Sakgeld, drankies en ander opsionele uistappies.

Toerplan (voorlopig)

(Let wel: hierdie is die normale roete vir ons Oos-Europa toer maar daar kan veranderings bykom).

Dag 1 – Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal. Geniet aandete aan boord asook ontbyt net voor ons land in die Tjeggiese Republiek.
Dag 2 – Kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe en vertrek dadelik na Praag.  Besoek die Praagse kasteel waar u waarskynlik ‘n wisseling van die wag kan sien. Geleentheid om St.Vituskatedraal te sien

Dag 3 – Heeldag in Praag. Besoek die historiese Karelsbrug oor die Moldou, die ou stadsplein, die astronomiese klok, St Wensclassplein en vele meer.

Dag 4 – Reis deur die Tjeggiese platteland. Ons doen aan by mooiste dorpie, Telc,  en dan na Wene in Oostenryk.  Besoek die Straussmonument in die stadspark. Vanaand geleentheid om ‘n Strausskonsert by te woon.

Dag 5 – Verken Wene oggend, vertrek vroegmiddag na die pragtige stadjie, Bratislava in Slovakye waar ons die mooi stadjie besoek. Oornag weer in Wene.

Dag 6 – Vertrek vroegoggend en reis deur Hongaarse platteland na Budapest, hoofstad van Hongarye.

Dag 7 – Vandag doen ons ‘n stadstoer per bus van Budapest. Sien onder meer die Heldeplein, kasteelgebied, Vissermansbastion en kettingbrug. Vanaand het ons aandete met musiek op ‘n boot terwyl ons deur Budapest vaar op die Donou.

Dag 8   Reis al langs die  Balatonmeer na die hoofstad van Kroasië, Zagreb. Slaap in  Zagreb.

Dag 9 – Ons vertrek vroeg na Plitvice, in die middel van Kroasië en een van die natuurwonders van die wêreld met sy 16 mere en watervalle. Daarna reis ons verder na die eilandjie in die baai van Kvarner in Kroasië, Krk, waar ons vir die volgende drie aande tuisgaan.

Dag 10 – Ons verken Krk eiland. U kan heerlik in die blouste-blou water swem en rondkuier of  wat van ’n bootvaart na sommige van die ander eilande?  Oornag weer in Krk.

Dag 11 – Vandag verken ons Kroasië se kus verby Rijeka en Opatija na Kroasië se Istria provinsie.  Ons doen aan by die prentjiemooie kusdorpie Rovijn,  Hum (die kleinste stadjie) en  Motovun.

Dag 12– Ons vertrek vroeg  en reis na een van die groenste lande in die wêreld – Slovenië.  Ons doen aan by die wêreld se grootste grotnetwerk, Postojna. Daarna reis ons verder na Predjama kasteel, ‘n kasteel in die berg uitgekap. Ons slaap vir die volgende twee aande net buite Ljubljana by ‘n warmbron, omring deur die groenste woude.

Dag 13 – Vandag besoek Ljubljana, die hoofstad van Slovenië en die asemrowende Bled met sy kasteel.  U kry die geleentheid om rustig te stap om die meer en die natuurskoon te geniet. Wat van bietjie tobaggoning teen die ski-loop af vir die geesdriftiges?

Dag 14 – Ons groet Slovenië vandag en reis verder deur die platteland van  Duitsland en Oostenryk na München vir ons vlug na Dubai en dan na JNB. Aandete geniet u aan boord met ‘n glasie wyn of drankie van u keuse.
Dag 15 – Geniet ontbyt op die vliegtuig.  Land op JNB ongeveer 16:30, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer.

Met ontvangs van u deposito en inskrywingsvorm word u plek bespreek!

Die soortgelyke toer vir 2018 was Februarie 2018  reeds volbespreek !!!

Uitstaande Balans: Ongeveer 6-8 weke voor vertrek

Deposito betaalbaar is R4000 per persoon

Kliek hier om in te skryf of kontak ons per epos om die inskrywingsvorm aan te vra