Tienie Jonker Toere

Jaarprogram 2018 (VOORLOPIG)

Die April Blommetoer   

(Europa Lente bustoer)

April /Mei 2018

16 Fantastiese dae in die Europese lente!

Kom kuiers saam al langs die Blommeroete en ervaar tulpe op die lande en die wonder van Keukenhof;  besoek Amsterdam, Volendam en die Saanse skans.  Reis deur Duitsland al langs die Ryn en die wingerde, besoek die Swartwoud en die Rynvalle.  Oornag in Switserland langs dieLuzernmeer omring deur die Alpe. Reis na Obberammergau en Ettal in Duitsland en besoek die pragtige kastele. Reis na Oostenryk en slaap in die hartjie van die Oostenrykse Alpe naby Salzburg. Ry oor die Grossglocknerpas na Italië waar ons vir die laaste twee aande 200 meter van die Adriatiese see af slaap en die prentjiemooie Venesië besoek.

Prys: ongeveer R33 750 pp wat deel        

Ingesluit: Vliegkaartjies, Lughawebelasting, Verblyf, 2 etes elke dag, Bootvaart op die Rynrivier in Duitsland, Gragtevaart in Amsterdam, Treinkaartjie in Venesië, Luukse, lugversorgde toerbus, Alle parkering en tolbelasting

 

Die Russiese Boottoer  

(St Petersburg – Moskou)

Mei 2018

Rustige boottoer in ‘n luuks, moderne en veilige boot.  U het u eie kajuit met panoramiese vensters en eie badkamer.   Toer skop af in St. Petersburg waar ons vir twee dae kuier. Van hier af toer ons op verskeie riviere, onder ander die Wolgarivier en die Baltiese kanaal. Ons doen elke dag aan by klein dorpies soos Mandrogi, Kizhi-eiland, Goritse en Uglich.  Hier kry u die geleentheid om inkopies te doen, die kultuur te ervaar en natuurlik vodka te proe! Toer sluit af in Moskou waar ons die Rooi Plein, Kremlin en die asemrowende katedrale besoek.  

Prys: ongeveer R31 000 pp wat deel

Ingesluit: Vliegkaartjies, Lughawebelasting, Hawebelasting, Lughawe transfers, 3 etes elke dag, Daaglikse uitstappies by elke vasmeerplek, Engelssprekende gidse aanboord en nog meer.

 

Die Oos-Europatoer  

(Oos-Europa, Kroasië en die Balkanlande)

Junie 2018

Kom beleef die natuurskoon,geskiedenis en unieke kultuur van Oos-Europa in ons nuutste roete!  Hierdie roete is nog nie gefinaliseer nie, maar ons beplan om die volgende lande in te sluit:  Oostenryk (Wene,), Tjeggiese Republiek (Praag), Hongarye (Budapest), Kroasië (Plitvice, Zagreb, Krk), Slovenië (Ljubljana, Bled) en moontlik Duitsland ( Berchtesgaden).

Prys: ongeveer R32 000 pp wat deel        

Ingesluit: Vliegkaartjies, Lughawebelasting, Verblyf, 2 etes elke dag, Luukse, lugversorgde toerbus, Alle parkering en tolbelasting, ‘n Buffet-ete met musiek tydens ‘n aandvaart op die Donou rivier in Budapest

Die Julietoer  

(Europa Somer bustoer met Andre Rieu konsert)

Julie 2018

Ons uiters gewilde toer gedurende die Julie-skoolvakansie.

Ons skop die toer af in die stad van romantiek, Parys, in Frankryk . Van hier af toer ons deur die Benelux-lande en gaan tuis in  die mooiste dorpie, Brugge. Ons toer na Aachen in Duitsland en Maastricht waar ons die Andre Rieu konsert bywoon. Die kaartjies is reeds aangekoop. Reis verder na die wynmakersdorpie, Rhudesheim langs die Ryn waar ons 2 lieflike dae spandeer en ‘n Rynvaart geniet. Ons reis neem ons na die hartjie van die Swartwoud  –  besoek die wêreld se grootste koekoek terwyl ons smul aan swartwoudkoek. Daarna steek ons die grens oor naSwitserland waar ons, ons toer afsluit omring deur die mees asemrowende berge en natuurskoon. Terugvlug vanaf Zurich.

Prys: ongeveer R35 000 – 37 000 pp wat deel             

Ingesluit: Vliegkaartjies, Lughawebelasting, Verblyf, 2 etes elke dag behalwe 2 aandetes, Luukse, lugversorgde toerbus, Alle parkering en tolbelasting, Andre Rieu konsertkaartjie in Maastrichts, Bootvaart op die Rynrivier in Duitsland, Gragtevaart in Amsterdam 

 

Die Mediterreense Toer  

(Europa kuslyn bustoer)             

  Aug/ Sept 2018

 Ons toer al langs die Mediterreense kuslyn tot by die Adriatiese see. Toer skop af in Spaanse stad, Barcelona, ons besoek Mont Serrat in Katelonië en die Costa Brava. Reis noordwaarts deur die bekoorlike valleie van die Pireneë na Frankryk. Besoek die sprokiesagtige middeleeuseCarcasonne en Avignon  in die Provensaalse platteland. Toer verder na die dorpie Frejus aan die Franse Riviera en reis verby Nice, Cannes enMonaco tot in die Italiaanse Riviera. Oornag 200 meter van die Adriatiese see af vanwaar ons Venesië en sy gondels besoek.  Kuier al langs die Adriatiese kus vanaf Venesië tot in Piran in Slovenië en gaan tuis in Umag in Kroasië met sy glashelder seewater. Van hier af reis ons noord om die asemrowende skoonheid van Slovenië, sy woude en mere te beleef, waar ons toer afsluit.

Prys: ongeveer R33 000/ 34 000 pp wat deel

Ingesluit: Vliegkaartjies, Lughawebelasting, Verblyf, 2 etes elke dag behalwe 2 aandetes, Luukse, lugversorgde toerbus, Alle parkering en tolbelasting, Treinkaartjie in Venesië

 

Die Britse Eilande Herfstoer

(Engeland, Skotland, Wallis en Ierland)

As gevolg van logistieke probleme om geskikte hotelle te vind, sal hierdie toer nie in 2018 plaasvind nie. Ons probeer weer in 2019.

Kom beleef die ryke geskiedenis en glorie van Engeland, Skotland, Ierland en Wallis in die Europese herfs.  Ons besoek die ikoniese en kosmopolitaanse London, Oxford met sy argitektuur en boeke, Shakespeare se Stratford upon Avon en die Cotswalds.  Ons reis deur die noorde van Engeland tot in Skotland en gaan tuis in die geskiedkundige Edinburgh.  Hierna verken ons die mooiste dele van die Mere-distrik en die kus van Wallis by Llandudno voor ons die Ierse See oorsteek na die Republiek van Ierland en tuisgaan in die vriendelike tuiste van  George Bernard Shaw en Guiness, Dublin, waar ons toer afsluit.

 

Wit Kersfees Bustoer  

(Ski- en Kersmarktoer  – nuwe roete!)

Desember 2018

Ervaar die sprokie van ‘n Winterkersfees! Hierdie is ‘n unieke toer want ons maak voorsiening vir toerders wat wil ski asook diegene wat die wil Kersmarkte wil besoek. Ons bly in die hartjie van die Oostenrykse Alpe naby Salzburg vir die eerste deel van ons toer waar ons naby verskeie ski-lope is. Hiervandaan besoek ons verskeie dorpies en hul kersmarkte.  U kry die geleentheid om op ‘n perdeslee te ry, warm appelbier saam met u strudel te drink terwyl u vaar op die mere asook unieke kersvertonings by te woon. Die tweede deel van die toer versit ons na die Tjeggiese Republiek, en bly ons in die mooie stad van torings, Praag, met sy kasteel, ikoniese Karlsbrug, pilsner bier, marionette en musiek, middeleeuse tavernes en nog baie meer.  Ons smul aan Tjeggiese kersgebak en glüwein en besoek nog vele kersmarkte en dorpies in die omgewing. ‘n Sprokiestoer wat nie gemis moet word nie!

Prys: Ongeveer R33 000  pp wat deel     

Ingesluit: Vliegkaartjies, Lughawebelasting, ontbyt en aandetes elke dag buiten een aandete en nog meer.