Tienie Jonker Toere

Europa Blommetoer (April’18)

Die April Blommetoer

17 April – 2 Mei 2018

 

Hierdie toer is heeltemal vol en word herhaal as:

Mei Blommetoer 5 – 19 Mei

Danksy kansellassies het ons nou  weer 4 plekke oop!
 

 Kliek hier vir besonderhede

 

 R34 450

 per persoon wat dubbelkamer deel
€1 ≤ R16

Vergelyk gerus ons prys met ander toere van dieselfde lengte en ekstras

Ekstras ingesluit by toerprys:
  • Lughawebelasting (meeste lugrederye vra tans meer as R6 000)
  • Ontbyt en driegang aandete elke dag, behalwe 1 aandete op versoek
  • Gragtevaart in Amsterdam
  • Bootvaart op die Ryn
  • Trienkaartjie na Venesië (retoer)

Toerplan

Dag 1 – Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal. Geniet aandete aan boord asook ontbyt net voor ons land in Amsterdam.
Dag 2 – Kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe en vertrek dadelik na een van  Nederland se landmerke die Zaanse Schans. Slaap in Amsterdam.
Dag 3 – Besoek Amsterdam en doen ‘n gragtevaart.  Res van die oggend vry in Amsterdam.  Namiddag besoek ons die gewilde Marken en Volendam voor ons terugkeer na ons hotel vir aandete.
Dag 4 – Vandag besoek ons die dorpie Lisse en een van die wêreld se bekendeste tuine, Keukenhof.  In die middag doen ons aan by Noordwijkerhout wat deel vorm van Nederland se Blommeroete en sien onder meer die pragtige blomme-sierwaens wat deel uitmaak van die jaarlikse Bloemencorso. Slaap weer in Amsterdam.
Dag 5 – Vertrek net na ontbyt ooswaarts deur Nederland na Keulen in Duitsland. Besoek die die wêreldbekende Dom met die grootste swaaiende klok in die wêreld (die klepel alleen weeg 1,6 ton). Besoek die bekende 4711 “Eau de Cologne”. Reis verder al langs die Ryn op verby vele middeleeuse kastele tot by Rüdesheim waar ons langs die Ryn oornag.

Dag 6 – Kuier vandag rustig in die geskiedkundige en pragtige Rüdesheim . Besoek die bekende Drosselgasse. Wat van ‘n besoek per kabelkar oor die wingerde na die indrukwekkende Nierderwaldmonument?  Laatmiddag het ons ‘n Rynvaart vanaf St Goarshaussen, verby die Loreley terug na Rüdesheim.
Dag 7 – Sit vanoggend ons reis voort na die pragtigste dorpie Triberg. Na ‘n besoek aan die koekoekhorlosiewinkels en die grootste koekoekhorlosie ter wêreld. Ons vertrek na ons hotelin  die Swartwoud waar ons oornag.

Dag 8 – Vertrek vanoggend  vroeg na Switserland. Bring ‘n besoek aan die berge en mere in die omgewing van Luzern.  As die weer dit toelaat kan ons een van die sneeubedekte bergspitse per sweefspoor besoek.
Dag 9 – Sit ons toer voort na en ry  verder deur Switserland en die mooiste dele van Oostenryk na Ettal in Duitsland waar ons aan die voet van die Ammergeberge oornag.

Dag 10 – U kry vanoggend geleentheid om Neuschwanstein, die sprokieskasteel van koning Ludwig van Beiere te besoek.  Middag besoek ons Oberammergau en Ettal.
Dag 11 – Reis na Unken in die Oostenrykse Alpe. Hou u kamera reg vir die mooiste natuurskoon. Oornag in pragtigste dorpie Unken. Die natuurskoon hier is onvergelyklik.
Dag 12 – Besoek Salzburg. Sien die Mirabelpaleis, Salzsachrivier, Getreide Gasse, Mozart geboortehuis, Hohensalzburg en nog meer! Besoek ’n geskiedkundige soutmyn waar u per treintjie kan inry en op ‘n ondergrondse meer kan vaar (beslis ’n hoogtepunt).  Oornag weer in Unken.
Dag 13 – Vertrek vanoggen na Zell am See en steek die onvergeetlike Grossglocknerpas oor (as die pas oop is).  Gewoonlik is die pas hierdie tyd van die jaar nog bedek met ‘n sneeukombers.  Reis oor Villach na Italië. Slaap vanaand in Lido de Jesolo so 200 meter vanaf die Adriatiese see.
Dag 14 – Heeldag besoek aan Venesië per trein. Besoek glasblasers, St Markusplein, brug van sugte, Grand Canal en vele meer. Wat van ‘n gondelvaart? Vanaand gaan u self pasta, Pizza of ‘n Italiaanse gereg van u keuse eet in een van die vele kafeetjies naby ons hotel.
Dag 15 – Vertrek na lughawe by Venesië vir ons vlug na Dubai en dan na JNB. Aandete geniet u aan boord met ‘n glasie wyn of drankie van u keuse.
Dag 16 – Geniet ontbyt op die vliegtuig.  Land op JNB teen ongeveer 9:40, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer.

Met ontvangs van u deposito en inskrywingsvorm word u plek bespreek!

Die soortgelyke toer vir 2017 was Desember 2016 reeds volbespreek !!!

Uitstaande Balans: Ongeveer Januarie 2018

Deposito betaalbaar is R4000 per persoon

Kliek hier om in te skryf of kontak ons per epos om die inskrywingsvorm aan te vra

456