Tienie Jonker Toere

Julietoer met Andre Rieu (Julie ’20)

 

Europa Somer bustoer  2020

 24 Junie – 7 Julie 2020

 Ingesluit: Andre Rieu konsert in Maastricht!

 

Ons gewilde Julie bustoer wat  oor die skoolvakansie val. Ideaal ook vir ‘n eerste besoeker aan Europa.

Vliegkaartjies, lughawebelasting, busvervoer en hotelverblyf met daagliks twee etes  ingesluit

14 FANTASTIESE DAE

ongeveer R39 000

 (Toerprys per persoon wat dubbelkamer deel)

Ekstras ingesluit by u toerprys:
  • Lughawebelasting (meeste lugrederye vra tans meer as R6 000)
  • Ontbyt en driegang aandete elke dag, behalwe 2 aandetes (op aanbeveling van vorige toerlede) is nie ingesluit nie
  • Bootvaart op die Ryn
  • Andre Rieu konsertkaartjie (reeds aangekoop)
Nie Ingesluit nie:
  • Koste om ‘n paspoort en visum te kry
  • Mediese/Reisversekering
  • Ekstra persoonlike uitstappies en alle opsionele groepsuitstappies

Vergelyk gerus ons prys met ander toere van dieselfde lengte en ekstras

Toerplan 

Dag 1 Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal . Geniet aandete aan boord en ‘n drankie van u keuse.

Dag 2  Land in Zurich en  kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe. Ry na die pragtige stad Lucern met sy kapelbrug en hartroerende Leeumonument.  Laatmiddag vertrek ons na ons hotel langs die Lucernmeer.

Dag 3  Ons vertrek vanoggend na Engelberg, ‘n dorpie in die hartjie van Switzerland, waar ons, as die weer gunstig is, per sweefspoor met die 3239 meter hoë Titlis bergpiek kan opgaan. Hierna reis ons noordwaarts na Duitsland waar ons vir die volgende twee aande in Oberharmersbach tuisgaan.

Dag 4  Ons sit ons toer voort en doen aan by Colmar in Frankryk se Alsace provinsie. Hierdie streek is bekend vir sy wyne, veral Riesling wyne en is een van Europa se top 20 toeriste bestemmings. Hierna besoek ons die dorpie Triberg, in die hartjie van die Swartwoud – hierdie is koekoek en kersielikeurwêld!

Dag 5  Vandag reis ons ooswaarts deur Frankryk se Champagne streek verby Reims, die hoofstad van hierdie borreldrankie, na die stad van ewige romantiek – Parys – waar ons vir die volgende twee aande tuisgaan.

Dag 6 Vandag doen ons ‘n heeldagbesoek aan Parys. U kry voldoende voorligting om u eie ding te doen of saam met die toerleier te beweeg. Wat van ‘n besoek aan die kunstenaarsbuurt by die Mont Martre, ‘n besoek aan die Louvre, inkopies in die Champs Elysees of ‘n besoek aan die Eiffeltoring?

Dag 7 Reis vanoggend noordwaarts deur die Franse- en Belgiese platteland na  na Brugge, oftewel die Venesië van die Noorde met al sy kanaaltjies. Slaap in die hartjie van Brugge.

Dag 8  Heeldag besoek aan die pragtige stadjie Brugge.  Besoek die Grote Markt, koop Belgiese kant en sjokolade.  Moet net nie vergeet om ‘n Kwak of ‘n Kriek te drink nie!. Vanaand kan u by enige van die vele restaurantjies binne loopafstand van die hotel gaan eet.
Dag 9  Ons vertrek vanoggend na Antwerpen, Noord-Europa se stad van mode en diamante,  waar ons oornag.

Dag 10  Ons besoek Antwerpen, voor ons namiddag vertrek na Maastricht. Hier kan u rondstap en die ongelooflike stadjie en atmosfeer beleef.  Om 21:00 begin die feestelike vertoning van die stad se geliefde inwoner, Andre Rieu. Hierdie is ‘n hoogtepunt van die toer wat u nie mag misloop nie! Oornag in Aachen.

Dag 11  Vertrek net na ontbyt en ry al langs die Ryn verby talle middeleeuse kastele na  Rüdesheim, in die hart van die Duitse wynwêreld. Vandag is ‘n feestelike dag in die geskiedkundige en pragtige Rüdesheim.  Dis die jaarlikse Rhine in Flammes waar fantastiese vuurwerkvertonings vanaand geniet kan word.

Dag 12  Vandag kuier ons heerlik in Rhudesheim rond.  Wat van ‘n besoek per kabelkar oor die wingerde na die indrukwekkende Nierderwaldmonument of kuier rond in die bekende  Drosselgasse. Vroegmiddag vertrek ons vir ‘n Rynvaart verby die Lorelei-rots.
Dag 13  Ons geniet ontbyt en geniet vir oulaas die wingerde in die Rynvallei voor ons na Frankfurt vertrek vir ons vlug terug na Suid-Afrika.

 

Dag 14  Land laatmiddag op JNB Internasionaal, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer

Kontak ons gerus vir meer inligting per epos  tjtoere2@jenny.co.za

 

Met ontvangs van u deposito en inskrywingsvorm word u plek bespreek!

Die soortgelyke toer was Januarie verlede jaar reeds volbespreek !!!

Uitstaande Balans: binne tydperk van 3 maande voor vertrekdatum

Deposito betaalbaar is R4000 per persoon

Kliek hier om in te skryf of kontak ons per epos om die inskrywingsvorm aan te vra