Tienie Jonker Toere

Rusland boottoer (Mei ’20)

Die Rusland Boottoer

 

10 – 22 Mei  2020  

Ons kon daarin slaag om beperkte plekke te kry op hierdie uiters gewilde vaart. Kom sien die prag van Rusland in hulle vroeë Lente!

.

 ‘n Rustige boottoer op die Wolga- en ander Russsiese riviere en mere. 

ongeveer R36 000

per persoon wat dubbelkajuit deel
Vaart is een dag langer as die normale Meivaarte
 
Geen Visum benodig

 ‘n Besoek aan Rusland is ‘n moét vir elke Suid Afrikaner.  Beleef eerstehands die geskiedenis en kultuur van ‘n land waaroor daar so baie wanvoorstellings aan ons opgedis is.

 Ingesluit by u toerprys:
  • Retoer vliegkaartjies
  • Lughawebelasting(meeste lughawens vra tans sowat R6 000)
  • Kajuite met ‘n uitsig na buite deur groot panoramiese vensters.
  • Alle kajuite het privaat badkamers en lugversorging.
  • Daaglikse uitstappies by elke vasmeerplek soos aangedui op die program
  • Russiese teepartydjie en ook ‘n “vodka show”
  • Gratis koffie en tee deur die dag
  • Vroegoggend tee/koffie met koekies
  • Vervoer van en na lughawe
  • Drie vyfsteretes elke dag insluitend ‘n drankie van jou keuse met aandetes
  • Leiding en inligting deur Engelssprekende gidse
  • Lesse in Russies en Russiese liedjies
  • Vermaaklikheidsprogram elke aand
  • Daaglikse aerobiese klasse
  • Kapteinsete met ‘n spesiale Russiese spyskaart.

Dag 1 – Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal (JNB) met Emirates. Geniet aandete aan boord, asook ontbyt net voor ons land in Dubai.
Dag 2 – Vertrek met ons aansluitingsvlug na Moskou.  Ete aan boord. Word op die lughawe verwelkom deur die plaaslike toerleier en vertrek dadelik na ons boot op die Moskourivier.  Skemerkelkie ter verwelkoming deur die kaptein en aandete aan boord.
Dag 3 en 4 – Stadsbesoek aan Moskou per bus. Besoek die Kremlin, staan by die Tsaarkanon en stap op die Rooi Plein. Saans is daar opsionele uitstappies wat u kan meemaak. Ingesluit is ‘n middagete in Moskou.
Dag 5 –  Meer vas by Uglich. Uglich dateer uit 1148 en is een van die mees geliefde dorpies in ou Rusland. Besoek aan besienswaardighede onder leiding van ’n plaaslike gids. Hier is daar ‘n hele straat met stalletjies waar mens interessante goedjies kan koop.
Dag 6 – Vandag doen ons aan by Yaroslavl*,  ‘n pragtige stad geleë aan die samevloeiing van die Volga- en Kotoroslriviere.  Doen ‘n stadstoer per bus, besoek ‘n plaaslike mark, sien die kerk van Elia die profeet en  doen ‘n interaktiewe toer van die voormalige goewerneurshuis (kunsgallery).
 Dag 7 – Besoek aan Goritsy*. Ons reis omtrent 7 km vanaf die boot per bus na ’n klein nedersetting,  en  die Kirillo-Belozerski* klooster.  Ons vasmeerplek is omtrent 500 meter vanaf die oorblyfsels van ’n nonneklooster op die walle van die Sheksnarivier.
Dag 8 – ’n Vaart oor die groot Onegameer neem ons na die klein eilandjie, Kizhi*, aan die noordelike kant van die meer Onega. Die eiland is bekend vir sy opelugmuseum van argitektuur. Geboue vanoor die land en uit die geskiedenis is hier versamel.
Dag – 9 Besoek aan Mandrogi*. In die dorpie is daar pragtige voorbeelde van Russiese houtgeboutjies. Die inwoners reël ‘n Russiese braaivleis vir die besoekers. Musiek deur ‘n begaafde balalaikaspeler.  Daar is ’n vodkamuseum waar ’n mens vertroud kan raak met die geskiedenis van hierdie dop met die skop. ’n Mens kan ook vir ’n wandeling deur die woud gaan.
Dag 10 en 11 –  ‘n Oornagvaart  deur die  Volga – Baltiese kanaal bring ons na St Petersburg.  Ons besoek die beroemde Hermitage museum*.  Een van die grootste museums in die wêreld. Ontstaan in 1764 en beskik oor meer as 2,7 miljoen kunsstukke, insluitend werke van Leonardo da Vince, Raphael,Rodin, Rembrandt,Rubens en vele meer.  Daar is ook die galakamer van die Winterpaleis, ’n eertydse koninklike paleis.
Bustoer deur St. Petersburg. Die dagprogram sluit ’n stadstoer* in waar ons onder meer die volgende sien: Nevsky Prospect, Paleisplein en winterpaleis, Vassilievski eiland, Universiteitsoewer, hoofgebou van die St Petersburg universiteit, vloothoofkwartier, Senaatsplein, ruiterbeeld van  Pieter die Grote, St Isaakkatedraal en –plein, kruiser Aurora en vele meer.
Dag 12 – Na ontbyt moet ons die kajuite ontruim teen 09:00. Ons tasse word op die skip bewaar terwyl ons ’n laaste uitstappie doen. Hierna vertrek ons na die lughawe vir ons terugvlug. Aandete op die vliegtuig.
Dag 13 –  Geniet middagete op die vliegtuig.  Land op JNB teen ongeveer 16:30, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer.

*Hierdie uitstappies is by die toerprys ingesluit.

Nie ingesluit by u toerprys:
Mediese versekering
Hawebelasting €35
Addisionele uitstappies
Fooitjies
Sakgeld

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Met ontvangs van u deposito en inskrywingsvorm word u plek bespreek!

Uitstaande Balans: binne tydperk van 3 maande voor vertrekdatum

Deposito betaalbaar is R4 000 per persoon

Die soortgelyke toer in 2017 was binne 65 dae volbespreek!

 Die bybetaling vir ‘n Enkelkajuit beloop €300 (ongeveer R5 500)

Kliek hier om in te skryf of kontak ons per epos om die inskrywingsvorm aan te vra