Tienie Jonker Toere

Kers – en Skitoer (Des ’20)

 

Die Kerstyd bustoer

 

Desember 2020

Duitsland, Oostenryk en die Tjeggiese Republiek!

 

 Ons bied aan ‘n unieke Kersmark en Ski-toer in Europa

 Ingesluit: Vliegkaartjies, lughawebelasting en twee etes elke dag 

Ongeveer R37 000 per persoon wat deel 
Toerplan & Prys vir 2020 sal vroeg in 2020 bevestig word.

 

 

 

Hierdie is ‘n unieke toer op aanvraag van talle van ons hooggewaardeerde oudtoerlede wat graag saam met ons ‘n  Europese Kersfees wil meemaak. Ons maak voorsiening vir die behoeftes van ons jonger toerlede, wat dalk wil ski, terwyl ons voldoende geleenthede bied vir die seniors met ander belangstellings.

Ons bly slegs in drie hotelle vir die hele tydperk, maar tog sien u ‘n ryke verskeidenheid van die mooiste plekke. So u hoef nie elke dag daardie swaar tas te pak en heen en weer te karwei nie!!

Ekstras ingesluit by u toerprys:

  • Lughawebelasting (meeste rederye vra tans meer as R6 000)
  • Ontbyt en 3-gang aandetes elke dag, buiten een aand.
  • Vervoer in luukse bus en Afrikaanssprekende gidse elke dag.

Nie ingesluit nie:

  • Koste om ‘n paspoort en visum te kry.
  • Reisversekering
  • Opsionele besoeke/uitstappies, ander verversings, drankies, fooitjies vir kelners ens.
  • Kostes vebonde aan ski.
  • Fooitjie vir die busbestuurder

TOERPLAN

Dag 1 – Vertrek vanaf JNB Internasionaal. Geniet aandete aan boord asook ontbyt net voor ons land in München.
Dag 2 Land in München kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe. Ry na Nüremberg  vir ‘n stadsbesoek aan  aan onder meer die Hauptmarkt, tuiste van een van Europa se grootste kersmarkte wat jaarliks bykans twee miljoen besoekers lok. Ry namiddag na die klein Duitse dorpie, Velburg, waar ons oornag.

Dag 3 – 4  Vandag reis ons na die sprokiesagtige “Stad van ’n honderd torings” oftewel soos ons dit ken, Praag, hoofstad van die Tjeggiese Republiek. Vir die volgende 2 dae bly ons in ’n hotel in  Praag, met ’n moltreinstasie regoorkant die hotel wat jou binne 15 minute na die middestad neem.  Met ons bus gaan ons vanaf ons hotel ook verskillende uitstappies onderneem en weereens sal die program bepaal word deur die weers- en verkeersomstandighede asook die voorkeure en behoeftes van ons toerlede.

Wat ons wel op die program in gedagte het, is die volgende:

  • Besoek aan al die belangrikste kersmarkte in Praag, onder meer die kersmark in Wenceslas-plein en die reuse mark in die ou stadsplein by Jan Hus se monument.  Hier is snuisterye, versierings en kos te kus en te keur.  Wat van ‘n marionette-vertoning of ‘n glasie Absinthe?
  • ‘n Eg Tjeggiese aand met tradisionele kos, drankies (ingesluit), sang, dans en vermaak. Ons betaal omtrent 60% van hierdie opsionele uitstappie en u betaal slegs €20
  • Geleentheid om ‘n klassieke uitvoering by te woon in een van Praag se pragtige katedrale of konsertsale.
  • Besoek aan Praag kasteel en die St. Vitus katedraal, die historiese Karlsburg, die Astronomiese klok, drankie by Vytopna die bekende treintjierestaurant en nog  vele meer.  Wat van ‘n pilsner bedien in ‘n middeleeuse  taverne vir ‘n regte “Game of Thrones”-ervaring!
  • Moontlike besoek aan van die kastele of dorpies in die omgewing van hierdie mooi stad.
  • En nog vele meer!

Dag 5 – Ons reis vanoggend suidwaarts  en steek die grens oor  na Oostenryk. Oppad doen ons aan by die middeleeuse stadjie, Cesky Krumlov, met sy 13e eeuse kasteel aan die walle van die Vltava-rivier.

Dag 5  – 12 Ons bly vir die volgende klompie dae in die dorpie Unken in die Heutal vallei tussen verskeie bergspitse. Daar is ’n hele aantal ski-lope met kabelkarretjies in die nabye omgewing vir diegene wat wil gaan ski. Ski-toerusting kan maklik gehuur word, maar die nodige klere moet u self aanskaf.(Ons stuur vir u ’n lys van nodige klere op aanvraag).
D
ie hotel gaan ons help met die aankoop van ‘n “ski-pass” kaartjie wat u in staat stel om die vervoerstelse (busse & kabelspore) na die ski-lope te gebruik. Vanweë die feit dat ons ’n paar dae vertoef, het ons die luuksheid dat ons nie elke dag ‘n vaste program hoef te volg nie. Ons kan dus die program van dag tot dag aanpas volgens ons behoeftes en natuurlik die weersomstandigdhede. 

Wat wel op die spyskaart is, is onder andere die volgende: 

  • Besoek aan Salzburg. Sien die Mirabelpaleis, die Salzachrivier, Getreidegasse met sy mooi liggies oor Kersfees, Mozart geboortehuis, Hohensalzburg en nog vele meer.
  • Besoek die kersmarkte by die Hellbrunpaleis en die Domplatz.
  • Reis na die Mondsee en besoek die kersmarkte by St. Wolfgang en St. Gilgen. Ry met die sneeutrein op in die berg en geniet glühwein tussen die wolke.
  • Besoek Oberndorf waar Stille Nag die eerste keer in die St. Nicolakerk opgevoer is.
  • Uitstappie na Berchtesgaden en sy mooie kersmark. Geleentheid om met ’n treintjie die berg in te ry en te sien hoe sout uitgehaal word.
  • Besoek die Konigsee en vaar op die meer terwyl trompetgeskal deur die berge eggo.
  • Besoek Innsbruck en Oostenryk se kleinste stadjie, Rattenberg, met hul vele kersmarkte. Kry geleenhteid om met die trein en kabelspoor teen die berg op te ry en in die sneeu te speel.

9

Met ontvangs van u deposito en inskrywingsvorm word u plek bespreek!

 

Die soortgelyke toer was Junie verlede jaar reeds volbespreek !!!

 

Deposito betaalbaar is R4000 per persoon

 

Bank: FNB

Rekening naam: Tienie Jonker Toere

Rekeningnommer: 62571210021

Takkode: 240438 (Potchefstroom)

Verwysing: U naam & van

Betalingsbevestiging: Epos na tjtoere2@jenny.co.za of Faks na 086 718 1866

Uitstaande Balans: binne tydperk van 3 maande voor vertrekdatum

Kliek hier om in te skryf of kontak ons per epos om die inskrywingsvorm aan te vra