Tienie Jonker Toere

Passiespele 2020

Die Herfs Passiespele Toer 

September 2020

 

ervaar Europa in die herfs met u Oberammergau-Passiespele vertoning ingesluit!

 (per persoon wat dubbelkamer deel)

 

passiespele1

 

Vliegkaartjies, lughawebelasting, busvervoer en hotelverblyf met twee etes  ingesluit

12 FANTASTIESE DAE

ongeveer  R44 000

 (Toerprys per persoon wat dubbelkamer deel en €1 = R17)

Vergelyk gerus ons prys met ander toere van dieselfde lengte en ekstras

Ekstras ingesluit by u toerprys:

  • Lughawebelasting (meeste lugrederye vra tans meer as R6 000)
  • Ontbyt en driegang aandete elke dag, behalwe 2 aandetes (op aanbeveling van vorige toerlede) is nie ingesluit nie
  • Konserttoegang vir Passiespele in Oberammergau.

 

RothenburObderT

Toerplan 

Dag 1 – Vertrek die middag vanaf JNB Internasionaal . Geniet aandete aan boord.

Dag 2 – Land op  München  na aansluitingsvlug vanaf Dubai waar ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe wag. Ry na die middestad vir ‘n stadsbesoek per bus met onder andere besoeke aan die Marienplatz, Hofbrauhausn en Viktualpark. Namiddag vertrek ons na ons hotel in die Beierse dorpie, Velburg.

Dag 3 – Besoek vandag die geskiedkundige Nürnberg wat ‘n kernrol in Nazi-Duitsland gespeel het.  Maak ‘n draai by Königstor, Lorentzplatz, die deugdefontein, die Hauptmarkt met sy stalletjies, die keiserlike paleis en vele meer.

Dag 4 – Vertrek na ontbyt weswaarts tot by Nordlingen, n middeleeuse stadjie, kompleet met ringmuur en borswerings.  Hier kuier ons vir ‘n paar uur en vertrek dan na Ulm, bekend vir die gotiese Ulm Minster, waar ons oorslaap vir die volgende twee aande.

Dag 5 – Vertrek net na ontbyt vir ’n besoek aan Ulm se mooiste besienswaardigheide onder meer die Vissermansbuurt, die Minster en ’n wandeling op die stadsmuur al langs die Donou. Hierna reis ons na die prentjiemooie stadjie, Rothenburg ob der Tauber – die toeriste aantreklikheid in Duitsland wat jaarliks die meeste mense lok.

Dag 6 – Vandag woon ons ’n vertoning van die wêreldbekende Passiespele in Oberammergau by – voorwaar ’n hoogtepunt op ons reisplan

Dag 7 – Sit vanoggend ons reis voort na na Unken in die Oostenrykse Alpe. Hou u kamera reg vir die mooiste natuurskoon. Oornag in pragtigste dorpie Unken. Die natuurskoon hier is onvergelyklik. 

Dag 8 –  Besoek Salzburg. Sien die Mirabelpaleis, Salzsachrivier, Getreide Gasse, Mozart geboortehuis, Hohensalzburg en nog meer! Besoek ’n geskiedkundige soutmyn waar u per treintjie kan inry en op ‘n ondergrondse meer kan vaar (beslis ’n hoogtepunt).  Oornag weer in Unken. 

Dag 9 –  Vandag reis ons met ons persoonlike luukse toerbus na Wene, hoofstad van Oostenryk en ewige musiekstad. Ons doen aan by Melk, die eeue-oue Benediktynse klooster met sy pragtige geboue en kerk. Oornag in Wene.

Dag 10 –   U kry vanoggend geleentheid om hierdie pragtige stad te verken.  Ons besoek onder meer die Stephansplatz, die Albertina,  die Staatsopera, Hundertwasser se huis, die Praterpark en die Schoenbrunn – somerpaleis van die Hapsburgers. Oornag weer in Wene.

Dag 11 – Ons vertrek vanoggend na die hoofstad van Slovakye, Bratislava, bekend vir sy 18e eeuse straatjies en kasteel op die heuwel. Ons spandeer die dag hier, voor ons vertrek na die lughawe laatmiddag vir ons vlug terug na Suid-Afrika. Aandete geniet u aan boord met ‘n glasie wyn of drankie van u keuse. 

Dag 12 – Land op JNB, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer.

OostenrykAlpe

Kontak ons gerus vir meer inligting per epos  tjtoere@jenny.co.za

 

BEPERKTE PLEKKE SO MAAK GOU!!!!!

Met ontvangs van u deposito en inskrywingsvorm word u plek bespreek!

Uitstaande BalansOngeveer 6-8 weke voor vertrek

Deposito betaalbaar is R6 000 per persoon

Kliek hier om in te skryf of kontak ons per epos om die inskrywingsvorm aan te vra.