Tienie Jonker Toere

Mei(2) Blommetoer (Mei ’20)

Die Mei Blommetoer

 8-22 Mei 2020
Geniet die Europese lente tydens hierdie gewilde toer 

  

ongeveer R38 500 

 per persoon wat dubbelkamer deel

Vergelyk gerus ons prys met ander toere van dieselfde lengte en ekstras

Ekstras ingesluit by toerprys:
  • Retoervlugkaartjie met Lughawebelasting (meeste lugrederye vra tans meer as R6 000)
  • Ontbyt en driegang aandete elke dag, behalwe 1 aandete op versoek
  • Gragtevaart in Amsterdam
  • Bootvaart op die Ryn
  • Treinkaartjie na Venesië (retoer)

Toerplan

***voorlopig  – absoluut onderworpe aan weer en verkeer***

Dag 1 – Vertrek die middag vanaf JNB Internasionaal. Geniet aandete aan boord asook ontbyt net voor ons land in Amsterdam.

Dag 2 –   Land die oggend in Amsterdam, kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe en vertrek dadelik na een van  Nederland se landmerke die Zaanse Schans. Hierna besoek ons  Amsterdam,  doen ‘n gragtevaart en slaap buite Amsterdam in die mooiste hotel.
Dag 3 – Vandag reis ons  na die dorpie Lisse en een van die wêreld se bekendste tuine, Keukenhof. Namiddag besoek ons die gewilde Marken en Volendam voor ons terugkeer na ons hotel vir aandete.
Dag 4 – Vertrek net na ontbyt ooswaarts deur Nederland na Keulen in Duitsland. Besoek die wêreldbekende Dom met die grootste swaaiende klok in die wêreld (die klepel alleen weeg 1,6 ton). Besoek die bekende 4711 “Eau de Cologne”. Reis verder al langs die Ryn op verby vele middeleeuse kastele tot by Rüdesheim waar ons langs die Ryn oornag.
Dag 5 – Kuier vandag rustig in die geskiedkundige en pragtige Rüdesheim . Besoek die bekende Drosselgasse. Wat van ‘n besoek per kabelkar oor die wingerde na die indrukwekkende Nierderwaldmonument?  Laatmiddag het ons ‘n Rynvaart vanaf St Goarshaussen, verby die Loreley terug na Rüdesheim.
Dag 6 – Sit vanoggend ons reis voort na die pragtigste dorpie Triberg. Na ‘n besoek aan die koekoekhorlosiewinkels en die grootste koekoekhorlosie ter wêreld. Ons vertrek na ons hotel in die Swartwoud waar ons oornag.

Dag 7 – Vertrek vanoggend  vroeg na Switserland. Bring ‘n besoek aan die berge en mere in die omgewing van Luzern.  As die weer dit toelaat kan ons een van die sneeubedekte bergspitse per sweefspoor in Titilis te  besoek.
Dag 8 – Sit ons toer voort na en ry  verder deur Switserland en die mooiste dele van Oostenryk na Füssen in Duitsland waar ons vir die volgende twee aande oornag.

Dag 9 – U kry vanoggend geleentheid om Neuschwanstein, die sprokieskasteel van koning Ludwig van Beiere te besoek.  In die middag kry u geleentheid  om rond te kuier in  Füssen en inkopies te doen.
Dag 10 – Reis na Unken in die Oostenrykse Alpe. Ons doen aan by die mooi stad, Innsbruck. Hou u kamera reg vir die mooiste natuurskoon. Oornag in pragtigste dorpie Unken. Die natuurskoon hier is onvergelyklik.
Dag 11 – Besoek Salzburg. Sien die Mirabelpaleis, Salzsachrivier, Getreide Gasse, Mozart geboortehuis, Hohensalzburg en nog meer! Besoek ’n geskiedkundige soutmyn waar u per treintjie kan inry en op ‘n ondergrondse meer kan vaar (beslis ’n hoogtepunt).  Oornag weer in Unken.
Dag 12 – Vertrek vanoggend en steek die onvergeetlike Grossglocknerpas oor (as die pas oop is).  Gewoonlik is die pas hierdie tyd van die jaar nog bedek met ‘n sneeukombers.  Reis oor Villach na Italië. Slaap vanaand in Lido de Jesolo so 200 meter vanaf die Adriatiese see.
Dag 13 – Heeldag besoek aan Venesië per trein. Besoek glasblasers, St Markusplein, brug van sugte, Grand Canal en vele meer. Wat van ‘n gondelvaart? Vanaand gaan u self pasta, Pizza of ‘n Italiaanse gereg van u keuse eet in een van die vele kafeetjies naby ons hotel.
Dag 14 – Vertrek na lughawe by Venesië vir ons vlug na Dubai en dan na JNB. Aandete geniet u aan boord met ‘n glasie wyn of drankie van u keuse.
Dag 15 – Geniet ontbyt op die vliegtuig.  Land op JNB, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer.

***absoluut onderworpe aan weer en verkeer***

 

Met ontvangs van u deposito en inskrywingsvorm word u plek bespreek!

Die soortgelyke toer  was November verlede jaar reeds volbespreek !!!

Uitstaande Balans: binne tydperk van 3 maande voor vertrekdatum

Deposito betaalbaar is R4000 per persoon

Kliek hier om in te skryf of kontak ons per epos om die inskrywingsvorm aan te vra

 456