Tienie Jonker Toere

Die Britse Eilande Toer

Ons gewilde bustoer van Engeland, Skotland, Wallis en Ierland

in

April 2020

15 Fantastiese dae vir ongeveer R39 000

per persoon in ‘n dubbelkamer
€1 ≤ R16

Ingesluit by u toerprys:

  • Retoer vliegkaartjies
  • Lughawebelasting
  • Lughawebelasting (meeste rederye vra  tans meer as R6 000)
  • Ontbyt  elke dagmeeste aandetes
  • Bootrit vanaf Llandudno na Ierland (ferrie)

 Nie ingesluit nie:

  • Kostes om by die lughawe in Johannesburg te kom
  • Koste om ‘n paspoort en visum te kry
  • Reisversekering
  • Addisionele uitstappies
  • Fooitjies

Dag 1 – Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal. Geniet aandete aan boord, asook ontbyt net voor ons die volgende oggend land in London .

Dag 2 – Kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe en vertrek dadelik na Windsor.  Besoek die eeue oue Windsor kasteel en verkyk jouself aan die Tudoraanse argitektuur. Verken Eton, bekend vir sy skool vir koninklikes en hoë-lui. Oornag in London.

Dag 3 – Heeldagbesoek aan London  –  Big Ben en parlementsgeboue, Trafalgar Square, Covent Garden, Kensington Paleis, Hyde Park, Hamleys, Harrods,  London Eye, Buckingham Paleis, Oxfordstraat…te veel om op te noem!

 Dag 4 –  Vertrek net na ontbyt.  Doen aan by die wêreldbekende Stonehenge oppad na die Romeinse stadjie, Bath.

Dag 5 –Reis vanoggend verder en doen aan by die eeu-oue universiteitstad, Oxford,  oppad na Shakespeare se geboortedorpStratford-upon-Avon. Besoek ook Warwick-kasteel. Oornag in Stratford.

Dag 6 – Vandag reis ons verder noordwaarts en deur  die Engelse platteland en oornag in Leeds, ook ‘n universiteitstad.

Dag 7 – Sit vanoggend ons reis voort en doen aan by die geskiedkundige stad, York, met sy pragtige katedraal. Steek die grens oor na Skotland en slaap vanaand in die stad, Edinburgh.

Dag 8 – Heeldagbesoek aan Edinburgh. Besoek  die impossante kasteel, tuiste van die kroonjuwele of  stap op met die heuwel na Arthur’s Seat in Holyrood Park vir asemrowende uitstigte van die stad. Wat van whiskey proe by een van die vele distileerders of ‘n wandelinkie in die spookagtige netwerk van tonnels en katakombes wat onderdeur die stad kronkel?

Dag 9 –  Vanoggend reis ons suidwaarts na Engeland se Mere-distrik (Lake District. Ons doen aan by die geskiedkundige Hadrian’s Wall, die groot skeiding tussen die Noorde en die Suide van Engeland.

Dag 10 – Vandag kry u  die geleentheid om die natuurskoon in te neem van die Mere-Distrik. Ons besoek onder meer die Beatrix Potter-dorpie, Windermere reg langs Lake Windermere.

Dag 11 – Vertrekvroegoggend na Cymru oftewel Wallis aan die suid-weste van Groot Brittanje. Oppad soontoe doen ons aan by die bekende stad van sokker en Beatles, Liverpool.  Indien die tyd dit toelaat doen ons aan by Anfield, die bekende sokkerstadion en die Beatles museum. Ons oornag in die noorde van Wallis.

Dag 12 –  Ons groet Wallis vandag en ry met die ferrieboot vanaf Holyhead na Dublin in Ierland waar ons vir die laaste paar dae van ons toer tuisgaan.

Dag 13– Vandag verken ons die hoofstad van die Republiek van Ierland, Dublin. aan die walle van die Liffey rivier. Besoek onder meer St. Stephens Green, Guinness Store House en die Jameson Distilliry, Trinity College en die Book of Kells en nog vele meer.  Wat van ‘n eg Ierse kuiertjie in die straat van Temple Bar?

Dag 14 – Ons laaste dag in Dublin. Eet vir oulaas bangers ‘n mash of ‘n boxty want vanaand vlieg ons terug na Suid-Afrika.

Dag 15  – Ons land in Johannesburg, stokflou na ’n fantastiese toer!

Met ontvangs van u deposito en inskrywingsvorm word u plek bespreek!

Uitstaande BalansBinne tydperk van 3 maande voor vertrek

Deposito betaalbaar is R4 000 per persoon

Die soortgelyke toer in 2017 was binne 65 dae volbespreek!

 

Kliek hier om in te skryf of kontak ons per epos om die inskrywingsvorm aan te vra